Begroot slim midde inflasie en hoë rentekoerse

As dit voel of jy net nie meer basiese uitgawes met jou salaris kan dek nie, is jy nie alleen nie. Alhoewel Suid-Afrikaners se salarisse verlede jaar gemiddeld 5% toegeneem het, het die inflasiekoers op 6% gestaan. Gevolglik het verbuikers se koopkrag verder afgeneem sedert dit laas jaar reeds drie persentasiepunte gedaal het. Terwyl baie gesinne hulself tot krediet wend om dit deur die maand te maak, is daar ander maniere om slimmer met jou finansies te werk. AfriSKuld is besorg oor jou finansiële welstand, daarom deel ons graag ‘n paar wenke om slim te begroot.

  1. Kies die regte formaat vir jou begroting

Die sleutel tot finansiële bestuur is om die regte hulpmiddel te vind wat jy konsekwent kan gebruik. Daar is verskeie aanlyn raamwerke en toepassings soos 22Seven, maar moenie Excel of pen en papier onderskat nie. Vind wat vir jou die gemaklikste werk.

  • Lys inkomste en uitgawes

Om bewus te raak van hoeveel geld jy maandeliks inkry teenoor hoeveel jy werklik uitgee is ‘n goeie begin. Indien jy meer realistiese syfers op jou uitgawes wil bekom, kan jy op jou banktoepassing kyk hoeveel dit in sekere kategorië opgedeel het. Moenie vergeet om bankfooie en debietorders in te sluit nie.

  • Besin oor jou uitgawes

Gaan elke uitgawe na en dui aan watter noodsaaklik (N), nie-noodsaaklik (NN) en luukshede is (L). Hierna is dit belangrik om te kyk watter nie-noodsaaklike (NN) en luukshede (L) jy uit kan sny of jou besteding kan beperk. Die algemene reël is om luukshede sover moonlik te elimineer, terwyl jy nie-noodsaaklike uitgawes kan verminder sonder om dit noodwendig uit te sny. Jy sal verbaas wees waste groot verskil elke bietjie wat jy spaar kan maak! Verder is dit belangrik dat jy ‘n buffer vir onvoorsiene uitgawes in jou begroting insluit wat jy op die stadium kan bekostig.

  • Prioritiseer skuldbetalings

Nie alle skuld is slegte skuld nie, maar sommige skuld kan swaarder aan jou sak trek en daarom is dit belangrik om hulle eerste af te betaal deur meer fondse daaraan te allokeer as wat nodig is. Die volgende skuldrekeninge word voorgestel as hoë prioriteit:

  • Dié met hoë rentekoerse (bv. ‘payday’ lenings)
  • Kredietkaartskuld
  • Persoonlike skuld met ongunstige terme en bepalings
  • Gesekureerde lenings
  • Begroot vir spaargeld

Nadat jy jou uitgawes gesny het en jy terugbetalings aan skuld geprioritiseer het kan jy doelwitte opstel om voor te spaar. Of dit vir jou motor se volgende diens of ‘n naweek se wegbreek is, hou dit jou gemotiveer om elke maand te spaar. Plaas hierdie geld aan die begin van elke maand in ‘n aparte rekening waarop dit rente kan verdien.

Jou begroting is nou gereed, maar of dit finansiële verligting bring sal afhang van hoe getrou jy daarby kan bly. Dit is ook waar dat onvoorsiene omstandighede ‘n mens se beplanning kan kelder, daarom is dit in die langtermyn belangrik om nie net ‘n buffer teen onvoorsiene uitgawes te hê nie, maar ook ‘n behoorlike noodfonds op te bou. Begin vandag begroot om jou finansiële welstand te verbeter en slim besluite te neem wat jou lewenskwaliteit bevorder!

KONTAK ONS

Ons kantore

Office 102, Suite 1, East Block, Cnr Alkantrand & Lynnwood Rd, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081.

Skakel ons

Volg ons

Hoor wat ons kliënte te sê het.

FinFix Shared Services (Edms) Bpk. wat handel as AfriSkuld geregistreer by die NCR (NCRDC3062)

Webwerf ontwikkeling deur TheFirstPage

FinFix Shared Services (Edms) Bpk. wat handel as AfriSkuld geregistreer by die NCR (NCRDC3062). (Privaatheidsbeleid/voldoen aan POPIA.) FinFix sal geen inligting met ongemagtigde partye deel nie en ook nie die inligting wat deur verbruikers verskaf word, gebruik nie, behalwe vir die beoogde doel. Verbruikers wat aan AfriSkuld -konsultante toestemming gee vir persoonlike identifikasie -inligting en AfriSkuld magtig om die verbruikers se volledige kredietrekord by enige/alle geregistreerde kredietburo's en enige ander registers wat kredietinligting van verbruikers bevat, te bekom. Verbruikers magtig FinFix ook om hul krediet- en rekeninginligting so lank as wat nodig is in hul stelsel te stoor om die funksies uit te voer soos beoog deur artikel 86 van die Nasionale Kredietwet.

Consent for Receiving Communications: When you provide your contact details to FinFix Shared Services (Pty) Ltd trading as AfriSkuld, you are agreeing to receive valuable information and updates, which may come in the form of emails, phone calls, or text messages. The nature of these communications will be related to the financial industry.

 

We commit to using your personal information exclusively for the stated purposes and will process it in line with our Privacy Policy. This policy outlines our practices for handling, storing, and protecting your data and also details your rights and the methods to exercise them. You have the right to withdraw your consent and opt out of further communications at any point by sending an email with the subject line "MARKETING OPT-OUT" to marketing1@finfix.co.za. By agreeing to these terms, you confirm that you are at least 18 years old and that you have fully understood and accepted these conditions.