Namate lewenskostes aanhou styg, word Suid-Afrikaners genoodsaak om aan slim maniere te dink om te spaar. AfriSkuld wil jou hiermee help en jou aanmoedig om jou uitgawes te hersien – van huishoudelike uitgawes en werkverwante onkostes tot uitgawes wat verband hou met vervoer en sosiale aangeleenthede. Deur potensiële besparings te identifiseer kan jy jou begroting meer effektief bestuur, selfs wanneer dit knap voel.
![](https://i0.wp.com/afriskuld.co.za/wp-content/uploads/2024/07/Picture-2.jpg?resize=364%2C242&ssl=1)
- Huishoudelike uitgawes:
- Skakel die geyser af: Het jy geweet geysers maak ‘n total van 40% van jou elektrisiteitsrekening op? As jy elke maand R340 op jou kragrekening spaar, spaar jy ‘n total van R4080 in ‘n jaar!
- Gebruik energiebesparende gloeilampe: Lae energie gloeilampe gebruik tot 80% minder elektrisiteit as standaard gloeilampe. Aangesien ligte 10% van jou elektrisiteitsrekening uitmaak, kan jy R60 per maand op ‘n rekening van R600 spaar.
- Kook jou ketel só: Ketels gebruik baie krag. Om elektrisiteit te spaar kan jy die ketel net opvul tot waar jy dit nodig het of jy kan oortollige water in ‘n goeie fles stoor.
- Leefstyl besparings:
- Beperk wegneemetes: Etes soos burgers en skyfies kan tuis teen baie goedkoper voorberei word. Met ‘n gesin van vier, kan tot R300 per wegneemete gespaar word.
- Hou op rook of rook minder: Nie net is dit beter vir jou gesondheid om minder of op te hourook nie, dit kan jou tussen R5 200 en R19 080 per jaar spaar! Het jy geweet jy kan selfs minder op lewensversekering en medies betaal deur ‘n nie-roker te wees.
- Spaar so in die werksplek:
- Bring kospakkies saam: Berei kospakkies vir werk vooruit voor en spaar ongeveer ‘n R150 per week of R7000 ‘n jaar! Pak oorskietkos in of maak etes in grootmaat om dit oor die week te strek.
- Benut saamrygeleenthede: Deel brandstofkostes deur beurte te maak om te ry. Baie werksplekke het saamryklubs. Afhangend van hoe ver jy van die werk af woon, kan dit jou baie spaar deur van saamrygeleenthede gebruik te maak.
- Maklike motorbesparings:
- Spaar brandstof: Deur jou bande se druk gereeld na te gaan en ‘n goeie gemiddelde spoed te handhaaf, kan jy tot R3600 per jaar op brandstof bespaar. Bly ook op hoogte van wanneer brandstofpryse daal en maak dan jou tenk vol.
- Parkering: Probeer om sover moontlik van koste-vrye parkeer areas gebruik te maak.
- Sosiale aangeleenthede:
- Bring en braai: In vandag se tyd gaan niemand mens kwalik neem as jy ‘n bring in braai reël in plaas daarvan om gaste alleen te onthaal nie. Tref net vroegtydig reëlings en spaar!
- Sny op alkoholiese drankies: Suid-Afrikaners drink gemiddeld drie biere ‘n week. Deur alkohol meer spaarsamig te gebruik, kan jy ongeveer R2 500 ‘n jaar spaar!
![](https://i0.wp.com/afriskuld.co.za/wp-content/uploads/2024/07/Picture-1.jpg?resize=580%2C410&ssl=1)
Deur kreatief te dink en bereid te wees om klein praktiese veranderinge aan te bring, kan jy ‘n merkbare verskil in jou finansiële welstand maak. Dit is belangrik om elke dag bewus te wees waarop jy geld spandeer en om gereeld jou begroting te hersien. Onthou, elke bietjie help, en die opbou van goeie finansiële bestuursgewoontes sal jou op die langtermyn help om finansiële sekuriteit in hierdie uitdagende ekonomiese klimaat te bereik.