Goeie skuld vs Slegte skuld – Wanneer het ek te veel skuld?

Skuld, soos tegnologie, televisie en tiramisu, is nie van self goed of sleg nie. Hoe dit toegepas en bestuur word sal uiteindelik bepaal of dit ‘n positiewe of negatiewe impak het. Hierdie artikel is ten doel om jou te help om onderskeid tussen goeie en slegte skuld te tref en noem ook ‘n paar tekens wat aanduiding kan gee dat jy te veel skuld het.

Goeie Skuld

Die goue reël om te bepaal of skuld goeie skuld is, is om jouself af te vra of dit jou netto waarde verhoog of toekomstige waarde het. As dit nie hierdie voordele inhou nie of as jy nie nie oor die nodige kontantvloei beskik om daarvoor te betaal nie, is dit slegte skuld. Die volgende is oor die algemeen voorbeelde van goeie skuld:

  • Huislenings: Die finansiering van ‘n huis binne ‘n goeie area kan langtermynvoordele bied soos toename in waarde oor tyd of huurinkomste.
  • Besigheidslenings: Indien ‘n besigheid goed bestuur word, kan lenings gebruik word om uit te brei en sodoende groter winste genereer.
  • Studielenings: Kwalifikasies kan loopbaanbevordering ontsluit en gevolglik die geleentheid bied om hoër inkomste te genereer.

Slegte Skuld

As iets waarde verloor die oomblik wat jy eienaarskap daarvan neem, is dit slegte skuld. Ongelukkig beskryf dit meeste basiese behoeftes, soos klere, motors en daardie hoë definisie televisie waarop jy rugby kyk. Soos bo-genoem tel dit ook as slegte skuld as jy dit nie kan bekostig nie. Voorbeelde van slegte skuld sluit in:

  • Onbeheerde kredietkaartskuld: Wanneer kredietkaartskuld tot die maksimum bedrag gebruik word of hoë balans het, kan dit maklik tot onbeheerbare skuld lei met hoë of veranderlike rentekoerse.
  • ‘Pay day’-lenings: Kenners meen hierdie tipe skuld is nog erger as kredietkaartskuld omrede dit ekstra hoë rentekoerse hef en maklik daartoe kan lei dat verbruikers elke maand slegter af is.
  • Motorlenings: Alhoewel dit waar is dat ‘n bekostigbare motor jou die nodige vervoer bied om by jou werk uit te kom waar jy ‘n inkomste genereer, word dit oor die algemeen as slegte skuld beskou. Om dit so goed moontlik te bestuur word dit aangeraai dat mens deeglik navorsing doen om ‘n motor aan te koop wat die beste aan jou begroting en behoeftes voldoen.

Vyf tekens dat jy te veel skuld het:

  1. Jy sukkel om jou maandelikse afbetalings aan rekeninge na te kom.
  2. Jy is afhanklik van krediet om basiese uitgawes te dek.
  3. Jy gaan nuwe lenings aan om vorige skuld te betaal.
  4. Skuldeisers maak gereed met jou kontak.
  5. Jou skuld-tot-inkomste verhouding is hoër as 40%.

Onthou, die sleutel tot suksesvolle skuld bestuur is om binne jou vermoëns te leef en seker te maak dat elke skuld wat jy aangaan 'n positiewe bydrae tot jou finansiële toekoms lewer.

KONTAK ONS

Ons kantore

Office 102, Suite 1, East Block, Cnr Alkantrand & Lynnwood Rd, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081.

Skakel ons

Volg ons

Hoor wat ons kliënte te sê het.

FinFix Shared Services (Edms) Bpk. wat handel as AfriSkuld geregistreer by die NCR (NCRDC3062)

Webwerf ontwikkeling deur TheFirstPage

FinFix Shared Services (Edms) Bpk. wat handel as AfriSkuld geregistreer by die NCR (NCRDC3062). (Privaatheidsbeleid/voldoen aan POPIA.) FinFix sal geen inligting met ongemagtigde partye deel nie en ook nie die inligting wat deur verbruikers verskaf word, gebruik nie, behalwe vir die beoogde doel. Verbruikers wat aan AfriSkuld -konsultante toestemming gee vir persoonlike identifikasie -inligting en AfriSkuld magtig om die verbruikers se volledige kredietrekord by enige/alle geregistreerde kredietburo's en enige ander registers wat kredietinligting van verbruikers bevat, te bekom. Verbruikers magtig FinFix ook om hul krediet- en rekeninginligting so lank as wat nodig is in hul stelsel te stoor om die funksies uit te voer soos beoog deur artikel 86 van die Nasionale Kredietwet.

Consent for Receiving Communications: When you provide your contact details to FinFix Shared Services (Pty) Ltd trading as AfriSkuld, you are agreeing to receive valuable information and updates, which may come in the form of emails, phone calls, or text messages. The nature of these communications will be related to the financial industry.

 

We commit to using your personal information exclusively for the stated purposes and will process it in line with our Privacy Policy. This policy outlines our practices for handling, storing, and protecting your data and also details your rights and the methods to exercise them. You have the right to withdraw your consent and opt out of further communications at any point by sending an email with the subject line "MARKETING OPT-OUT" to marketing1@finfix.co.za. By agreeing to these terms, you confirm that you are at least 18 years old and that you have fully understood and accepted these conditions.